Moordlys

moordlys

In Moordlys maak Vic Nel sy tweede verskyning. Vic is nog steeds voortvlugtig, maar werk nou as ‘n verkoopsman vir ‘n hardewarewinkel in Pretoria. Dinge gaan goed, en met Patricia in die prentjie begin Vic ernstig dink aan rustig raak en dalk selfs kinders grootmaak. Maar dan verskyn sy foto op ‘n moordtoneel, en voor Vic sy oë uitvee is daar nog ‘n moord, en nog een…

‘n Aanvallige joernalis word gekontak deur die moordenaar. Daar is ses name op die lys, en as al ses dood is, dan is hy klaar. Maar Vic Nel weet wie die ses is en wat hulle verbind, en weereens tuimel ‘n spul geraamtes uit sy kas uit. Die val van die Berlynse Muur in 1989, asook twee lyke wat in ‘n vlak graf buite Bonn gevind is eggo deur die dekades om Vic se lewe hel te maak in die hede, en weereens moet hy koes vir die booswigte én die gereg, om heelhuids anderkant uit te kom.

Moordlys is in 2016 deur Lapa Uitgewers uitgegee, en is beskikbaar op Lapa se webtuiste, asook Amazon en Takealot. Of, natuurlik, by jou naaste boekwinkel!

Hier is wat Dewald Koen op LitNet te sê gehad het oor Moordlys!

 

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s