Kodenaam Icarus

Kodenaam-Icarus-Henk-Breytenbach

Kodenaam Icarus, my debuutboek, is in 2015 deur Lapa Uitgewers uitgegee. Die boek stel vir Vic Nel voor, ‘n voormalige NIA-operateur wat al vir jare voortvlugtig is omdat sy vingerafdrukke hom met ‘n reeks moorde verbind uit die laaste dae van die Apartheidsregering. Hy het nooit sy ding voor die WVK gaan doen nie, en is dus nou aanspreeklik vir enige misdaad uit die ‘ou dae’. Die feit dat sy vingerafdrukke op die tonele verskyn het omdat hy bloot ander operateurs se gemors moes skoonmaak, sal hom nie uit die tronk hou nie…

Spoke uit sy verlede maak hul opwagting in Vic se nuwe lewe waar hy sy brood verdien deur prostitute in Pretoria op te pas, en Vic word ingesuig in ‘n reeks gebeure waar politici wat tans hoëkoppe in die regering is met die val van die Helderberg in 1987 verbind word. En dan raak die arme man nog verlief op een van die dames oor wie hy hom ontferm.

Kodenaam Icarus is te vinde by Amazon, en by Lapa Uitgewers. En as jy nou rerig moeggesukkel is om die ding oor die internet in die hande te kry, behoort jy by jou naaste boekwinkel ook reg te kom!

Monique Bisschoff het gawe dinge te sê gehad oor Kodenaam Icarus, en dis nooit ‘n slegte ding nie…

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s